Monday, March 31, 2008

JP Meyer se verrassing vir die Biblioteek

- Reinie Smit -

Teen die einde van 2007 ontvang een van Prince Albert se voormalige inwoners, JP Meyer, sy nuusbrief van Exclusive Books as lid van hulle Fanatics-Klub. Deel van die nuusbrief sê dat hy as lid aan ’n kompetisie kan deelneem waarin hy ’n biblioteek nomineer wat dan ’n prys kan wen. Gelukkig vir ons nomineer JP die Prince Albert Biblioteek.

Na ’n paar weke, toe hy al amper daarvan vergeet het, kry hy uit die bloute ’n geroep om te sê dat Prince Albert Biblioteek een van die pryswenners is. En die prys? 250 Splinternuwe boeke van Exclusve Books! Afrikaans, Engels, fikse, nie-fiksie, volwassenes- en jeugboeke. Ons besluit nog wie is die meeste opgewonde, ons of die lesers!

So ’n duisend dankies aan JP en Exclusive Books vir ons heerlike verrassingsprys. Glo my, dit sal BAIE nuttig in Prince Albert benut word!

Thank you JP – your friends here in the village really appreciate the 250 books Exclusive Books have sent us after you nominated the library for their “end of year surprise” competition!

No comments: