Thursday, January 1, 2009

Almal is wenners in die Kersfeesliggie Kompetisie

- Ellen Joubert -

Wildekanisland se Kersfeesliggie Kompetisie het 13 inskrywings gelok en ‘n span beoordelaars is op die aand van 23 Desember 2008 die strate in om die inskrywings te beoordeel en hulle aan al die ander liggies te vergaap.

Aangesien die kompetisie deur Wilde-kanisland gehou is, was daar natuurlik beoordelaars onder die ouderdom van ses ook op die paneel. Hierdie jonger beoor-delaars het sommer gou aan hulle kollegas uitgewys dat dit eintlik glad nie moontlik is om een wenner te kies nie – daar was heeltemal te veel inskrywings wat elkeen die verbeelding aangegryp het, glimlagte op die gesigte van die aanskouers gesit het en vreugde in die harte van almal wat wou kyk, gebring het.
Einde ten raad het die paneel beoordelaars besluit om toekennings te maak aan alle inskrywings wat besonders was.

Toekennings vir die kategorie “Eksep-sionele Kersfeesliggies van Prince Albert” is gemaak aan die Visagies van Buitekanstraat nr 493, Eric en Rudy van Peppertree Cottage en Chrisna en Rudy Ferreira – beide van Christina de Wittstraat, Juliana van Markstraat 37, Mev Theron van Crosbystraat nr 4, Leonie en Kobus Moolman van Markstraat 109 en Mnr Rudolf April van Kareestraat 391.

Toekennings vir die kategorie “Pragtige Kersfeesliggies van Prince Albert” is gemaak aan Die Kuierhuis, Prince Albert Country Store, Elsa en Heila van Nuwestraat nr 13, Dalene en Riaan Coetzee, Yvette Breedt van Lah-di-Dah, Gawie en Lettie Breytenbach van Kerkstraat nr 10 en Onse Rus Gastehuis.
Wildekanisland is dankbaar vir almal wat die skool ondersteun het met inskrywings vir die kompetisie. Bo en behalwe die inskrywings was daar ongelooflike mooi liggies die hele dorp deur – van die een ingang in Christina de Witstraat regdeur tot waar die Kersfeesliggies in Rondomskrik huise by die ander ingang tot die dorp vreugde gebring het.

Met die toekennings hoop Wilde-kanisland om almal aan te moedig om met liggies vreugde te gee in Kersfeestyd of om moeite te doen om die liggies deur die hele dorp te volg en die vreugde te ervaar wat dit bring.

Hoewel die Munisipaliteit nie ingeskryf het vir die kompetisie nie, het die beoordelaars besluit dat hulle ‘n sertifikaat van vermelding moet ontvang vir die liggies wat in die strate aangebring is.

No comments: