Thursday, January 1, 2009

Hoërskool Zwartberg se 2008 Matrieks kan glimlag

- Ailsa Tudhope -

Veertig van die een-en-veertig Matriek leerders van Hoërskool Zwartberg glimlag breed met hulle 2008-uitslae in die hand. 17 het toelating vir graad-studies behaal; 22 vir diplomastudies en een vir sertifikaat-studies.

Ses Matrieks spog met onderskeidings: Elmano Clarke, Andries Niehaus, Uvedin Sarels en Morné van Heerden is baie trots op hulle Wiskundige Geletterdheid uitslae en Loretha Willemse het ’n onderskeiding in Lewensoriëntering gekry.

Die ster van hierdie jaar se Matrieks is Jane Lee Gouws, met ses onderskeidings in o.a. Ontwerp, Visuele Kunste, Afrikaans Huistaal, Lewensoriënter-ing,Wiskundige Geletterdheid en Lewenswetenskappe. Jane Lee beplan verdere studies in die kunste.

Veels geluk aan al ons 2008 Matrikulante en voorspoed vir jul toekoms. Veels geluk aan die uitstekende onderwysers wat hulle ondersteun het.

No comments: