Wednesday, May 30, 2007

Hoërskool Zwartberg se trots!!!

- Diana Koorts -

Ons skool is met reg trots op bogenoemde twee atlete wat besonder goed presteer het die afgelope atletiekseisoen.

Nikela het uitsonderlik presteer die seisoen.Sy is die nr.1 atleet in die SWD–streek – nadat sy die SWD rekord verbeter het met 2cm. Sy het ‘n hoogte van 1.44m gespring. Daarna het sy aan die Wes-Kaap byeenkoms deelgeneem en ‘n hoogte van 1,47m bereik, waarmee sy die Boland–rekord geëwenaar het en tweede by die byeenkoms geëindig het. Met so ‘n pragtige prestasie het sy ‘n goeie plek in die Wes-Kaapspan behaal en verder geoefen vir die SA byeenkoms.Later het sy ook haar merk gemaak in groot atletiekkringe toe sy aan die SA-byeenkoms in Pretoria op die Pilditch stadion gaan deelneem het. Daar het sy ook baie goed gevaar en ons hele skool en gemeenskap is voorwaar met reg trots op haar.

Christine het ook ‘n baie goeie seisoen agter die rug. Sy het baie goed presteer op verskeie byeenkomste waaraan sy deelgeneem het. Sy het ‘n derde plek by die SWD byeenkoms behaal- met ‘n afstand van 4,68m - waarmee sy SWD kleure verwerf het. Daarna het sy aan die Wes Kaap byeenkoms deelgeneem waar sy ook ‘n derde plek behaal het. Baie geluk Christine – ons is sommer baie trots op die “nuwe atleet” wat so goed presteer.

Nogmaals baie geluk aan die twee atlete en alle sukses vir die pad vorentoe. Ons hou saam met julle duimvas

No comments: