Wednesday, May 30, 2007

Biblioteekweek ~ 2007 ~ Library Week

Van 14 – 18 Mei het ons weer ons jaarlikse biblioteekweek gehad – ‘n week vol bedrywighede!

Kinders van die onderskeie skole het deelgeneem aan kompetisies, en die pragtigste kunswerk was in die biblioteek te sien. (Hou volgende maand se Vriend dop vir ons pryswenners!)

Dinsdag het die Biblioteek Vriende die Bejaardesorgsentrum in Noord-end besoek. Die Albert College leerlinge het ons verras met hul musiektalent - en ja, Elvis Presley is ‘alive and kicking’! Jeanette de Lange en Jeanette Jacobs het ’n vertelling gedoen oor “Die Here is my Heerder.” Daarna is heerlike basaarpoeding uitgedeel.

Woensdag het ons die twee kleuterskole besoek met stories, lekkers en koeldrank.

Donderdag het ons ons Teedrink vir lesers bo 60 gehad in die NG Kerksaal. Die funksie is bygewoon deur amper neentig mense – baie dankie aan elkeen wat gekom het. Daar was ’n item deur die Vriende van die Fransie Pienaar Museum. Africana uit Museum se biblioteek is hiervoor gebruik en het vir baie vermaak gesorg.

Liz Erasmus spoke about a book which tells the tale of the tapestries depicting the establishment of Rhodesia. These lovingly crafted art works are on display in the Bulawayo Museum. Jeanette de Lange had us in stitches with her advice on healing all ills from “Ouma en Oupa se boererate” and Renee Finn and Peter McEwan revealed the intricacies of conducting a courtship-by-correspondence using a book on letter-writing for lovers. The Museum library is open to all – and what a treasure trove it is.

Albert College’s talented singers appeared again – one can never have enough of their crystal clear voices and enchanting melodies, and we discovered that Johnny Cash is still around too. After the entertainment everyone enjoyed a tasty tea, thank you to all who contributed plates of cakes and savoury treats.

Van ons kant af, ‘n GROOT dankie aan elke Biblioteek Vriend en almal in Prince Albert vir jul positiewe gesindheid en bydrae tot die biblioteek, dit word werklik raakgesien en baie waardeer.

Reinie, Bettie en Jeanette

No comments: