Wednesday, May 30, 2007

Letters - Briewe

Dankie Prince Albert!

Ek is redakteur van Vrystaat, 'n Oos-Vrystaatse gemeenskaps-koerant uit die Volksbladgroep, en het onlangs verlof gehad. Dit was 'n wonderlike, bevrydende ervaring om weer deur die Karoo te ry en die unieke, eiesoortige natuurskoon te geniet.

Op die ingewing van die oomblik het ek by Prince Albertweg afgedraai vanaf die hoofpad nadat ek oor RSG gehoor het daar is 'n 14 km lange tou karre in die omgewing van DeDoorns. Ek wou nog altyd gaan kyk het hoe Pince Albert lyk.

Wat 'n ontdekking! Toe ek die pragtige dorp inry, sien ek daar is 'n Olyffees aan die gang en dat ek nou behoorlik in die heuning geval het. Ry eers rustig rond en gewaar die mooi Viktoriaanse argitektuur oral in die dorp. Besluit toe om van stalletjie tot stalletjie te loop en ietsie van die fees te geniet en olywe te koop voordat ek weer die pad na Kaapstad aandurf.

Dit was so aangenaam op die fees met al sy vriendelike mense dat ek besluit het om oor te slaap. By die toerisme-kantoor verneem ek die dorp is tjok en blok vol en daar is vir my slegs 'n koshuiskamer. Nie lus vir 'n koshuiskamer op my ouderdom nie, besluit ek om by 'n kafeetjie te gaan koffie drink en die saak te oordink.

Wat ek toe allerwyslik oordink en besluit het my seker vir altyd aan die dorp vasgeknoop. Daar op die kafeestoepie gewaar my oog die koekstalletjie - twee vriendelike koektannies agter die tafel en hulle verkoop dat dit bars. Ek loop na hulle. Ons groet, en ek vra: "Weet u nie dalk van 'n kerktannie wat nog vir my 'n kamer oop het vir vanaand nie?"

En daar slaan ek toe wel vir my verblyf los toe die een koektannie, mev. Sanet Fourie, my eers stip aankyk en toe sê: Ék het nog 'n kamer, maar die bed is nie opgemaak nie. Die kamer is ook deurmekaar.

Toe ons later die dag saam my bed opmaak en so 'n paar verskuiwings in die kamer doen, het ek geweet - hier is ek nou vir die eerste keer in my lewe in Prince Albert en ook nie vir die laaste keer nie.

Baie dankie aan Sanet vir haar liefde en gasvryheid - ek het 'n nuwe vriendin in die Karoo! Nee, vriendinne in die meervoud. Ek kon eindelik nie op Prince Albert wegkom nie en is die Sondag eers daar weg nadat ons ook die diens in die indrukwekkende NG kerk bygewoon het.

Dankie aan al Prince Albert se mense vir jul vriendelikheid en gasvryheid. Ek kan nou verstaan waarom Prince Albert as die Prins van die Karoo beskryf word. Op dié dorp bly net prinse en prinsesse.

Susan Maré
Bethlehem


THE GUM-STUMP SCULPTURE

What excellent news that, against the express wish of many of our local community-without reference, our Municipal Authorities granted permission to have the public property of our “Burgers of Prince Albert” mutilated – defaced – or enhanced (dependent upon your personal viewpoint) by a self-styled sculptor who, in under three weeks, generously trained some of our youngsters onto the skills of his exacting craft.

In similar vein it is hoped that the inmates of our village will equally welcome a further advance on this illustrious improvement to the aesthetic quality of our cultural environment – for by obtaining a similar monetary grant, it is now intended that the so-called sculpted trees will be painted.

Under the guidance of the undersigned, who considers himself an artist of equivalent merit, 25 otherwise indigent school-children will be paid to further adorn the trees with paints donated by a leading household paint manufacturer. While this may not grant them admission to the Royal Academy, it is hoped that after this period of tuition, their newly acquired skill will not deteriorate to the mere application of graffiti.

Five hundred thirty seven signatures endorsing this action have been obtained – it being assumed that in view of their previous unilateral decision, reference to our municipal administrators is similarly unnecessary.

Unlike the earlier perpetrator, comment from all those who will have to live with the magnificent product of this new additional concept, is called for BEFORE work commences, and consideration will be given to their choices of the colours that are to be applied. The selection that has been donated varies from “Signal Red – through Lemon Yellow – Prince Albert Green”, with smaller amounts of Puce Purple and Brilliant White – indeed a fitting combination to express the diversity of the cultural mix of our country.

Irrespective of public uproar, work will commence at the discretion of the undersigned.

John Begg (BSc (Geol) Ph.Art)

Heengaan van Wyle Ds. Cyril Afrika

Die Kerkraad, Gemeente en Pastorie van die VGK Prince Albert wil alle inwoners van Prince Albert, omliggende dorpe en mense van oor die hele land en buiteland bedank vir hul telefoonoproepe, handdrukke en kaartjies van simpatie asook bydraes teenoor die Kerk en Pastorie na die afsterwe van ons geliefde Dominee, man en vriend, Cyril Afrika, op Dinsdag, 24 April 2007.

Dit was vir ons almal ‘n skok, maar ons weet dat die Here se hand, sy Wil groter is, as mense verstand.
Vir 18 jaar was Ds Cyril Afrika ons herder en Leraar, asook ‘n leiersfiguur in ons gemeenskap. Ons het gedink dat hy altyd met ons sal wees, maar God het anders besluit.

‘n Spesiale dank aan Dr Reinders, die ambulansdienste, en die paramedikus wat alles in hul vermoë gedoen het om Ds Afrika te help die oggend van sy heengaan.

Die kerkraad en gemeente wil vir Me J Afrika, Nomsa, Joshua en Pietie die Here se seën toebid vir die pad vorentoe.

Baie dankie, Me Afrika, vir u en u kinders se bydrae en ondersteuning deur die jare aan u man, die gemeente en die gemeenskap met sy werk in Prince Albert.

Die Here seën.
Kerkraad/Pastorie
VGK Prince Albert

Vyftig-Fifty Quota

The spate of language issue letters is really uncalled for. The writers should consider the words of a poem written by a Scotsman in Queenstown in the late forties. He had his children learn it by heart. (At the time, some elderly folk referred to Afrikaners as Dutch.)
My late father taught it to me when I was seven:
Vyftig-Fifty Quota

Van die vyftig-fifty quota
Laat ons budge not een iota
Luister nie na all the jingoes
Wat bestaan by their own lingoes

We must in our onderwys
Vir die situation face
Reg is Reg and Wrong is wrong
En wat kort is, isn’t long

Rasse haat maak many blinded
Onverdraagsaam narrow minded
Is ons Engels, are we Dutch
Waarlik does it matter much

Dit is certain dat die Heer
In sy hemel doesn’t keer
Who is who and wie is wie
Want ons all his creatures be

Hierdie saak is all gemixup
Hierdie business moet ons fixup.

Ian Uys
Bushman Valley

Thanks, chaps!

During the strong winds on Wednesday, 14 May, the branch of a large tree opposite the school koshuis in De Beer Street was blown off, and brought down an electricity pole and heavy electrical cables. A large area to the south of Prince Albert was immediately plunged into darkness and without power for two days.

As one of the residents who was without electricity for 50 hours, I would like to thank the Municipal electrical team for their prompt action and for working diligently for long hours to rectify the problem.

Ann Whitton

No comments: