Wednesday, May 30, 2007

MNR, MEJ & BABA O’LYFIE - 2007

-Chantelle van Eck-

Ek het die voorreg gehad om die Kompetisie vir die Prince Albert Dorps- en Olyffees 2007 se mnr, mej en baba O’lyfie te reël. Saterdagoggend, 28 April, toe die mammas en hul spruite so opgewonde kom aanmeld, het ek vir die eerste keer besef dat dit eintlik ‘n baie moeilike taak is wat aan my toevertrou is!

Vir elke pa en ma is hul kind die mooiste en kosbaarste.
Dis reg so. Dit moet so wees. Ek is net bly die beoordeling van hierdie moeilike kompetisie het op die skouers van ander dames gerus. Graag bedank ek Hanneke Basson en Christelle Smit, oud onderwyseresse van Hoërskool Zwartberg, asook Marika Heyns.
My dank aan die volgende borge: Prins Kem; PA Vis en Chips; Pep Stores; Swartberg Slaghuis, Pam Wessels; Studio Chris; Bergwater en die Toerisme Buro. Di Steyn het haar goed van haar taak gekwyt met die aankondigings.

Laaste maar nie die minste: Die wenners van 2007!
Mnr Baba O’lyfie Jan-Stephan Smit ( 18 Maande )
Mej Baba O’lyfie Jancke van Eck ( 15 Maande )
Mnr O’lyfie Benje Steyn ( 5 Jaar )
Mej O’lyfie Juranda Willemse ( 5 Jaar )

Volgende jaar maak ons weer so.

No comments: