Wednesday, May 30, 2007

Huis Kweekvallei baat by die Fees

- Magriet Engelbrecht -

Toe Vrydag 27 April aanbreek, is dit nie soos in die stories nie: Dis allesbehalwe sonnig en helder met ‘n blouselblou hemel… Almal wil tog te graag reën hê, maar ai, Huis Kweekvallei sit met sowat 80 liter poeding en twee reuse potte vol kerrie en rys. Om nie te praat van die vetkoek en maalvleis, sop en broodjies nie.

Maar “the show must go on” en tafels stoele, warmplate, elektriese kabels, sambrele en al die kos word uitgedra op die sypaadjie by Kerkstraat 52A. Die stalletjie is reg, en daar word gewag vir die eerste kopers.

Maar so maklik is dit nie, want blykbaar skrik die dreigende reën almal af. Gelukkig maak ‘n boer mos ‘n plan en gou word die musiek nader gebring. Sake begin floreer soos die musiek en geurige moerkoffie al meer mense nader lok om te eet en sommer ook‘n bietjie te gesels.

Letterlik ál die die kos word verkoop – tot die laaste bakkie poeding toe. Teen die aand is almal se batterye maar pap en die ledemate styf en seer, maar die samewerking was net met een word verstommend.

En die antwoord op die groot vraag: Die bedrag gein is R7,739! Wonderlik!

We would like to thank everyone in Prince Albert who contributed towards our stall, thus helping us to succeed in obtaining funds so necessary to cope with the demands of Huis Kweekvallei. Thank you for your support and the friendly chats.

This Festival really was a memorable event. It once again proved that teamwork guarantees success. And, most important of all: Without the Lord’s blessing we could not have done it.

Please contact any of the people below if you would like to be involved with the affairs of Huis Kweekvallei and its residents.

We need help to visit them, talk to them, make them feel that they can still be of use to somebody – as a grandma or grandpa, perhaps?

We will also be launching our “Sponsor a Disposable Nappy” project soon – a very necessary but expensive item for many of our residents.

Please give it some thought and
contact:

Johan du Toit 023 541 1626;
Magriet Engelbrecht 023 541 1510; Johanna Luttig 023 541 1908
or Ina Burger 023 541 1410.

No comments: