Thursday, October 30, 2008

Gewilde sanger trou

- Bodo Toelstede -

Marlene Loedewyk, gewilde sanger van die Prince Albert Kieliebeentjies Orkes, is op Vrydag 27 September getroud met Karel Willemse.

Hoewel Marlene en haar man geen ouers meer het nie, het die Here vir hulle op die dag vreugde en sonskyn geskenk en die saal van die Bejaardesorgsentrum was pragtig in blou en silwer versier.

Die tagtig gaste kon, ná die vonkelwyn se prop hard geknal en deur die lug ge-vlieg het, die gebraaide hoender, skaapvleis en heerlike slaaie geniet.

Die tannies wat van Worcester en die oom wat van George gekom het, was verheug oor die mooie fees wat Marlene en Karel vir almal gehou het.

Gudrun Toelstede het vir hulle ’n groot troukoek gebak, dit sorgvuldig versier en die mooiste foto’s van hul bruiloffees geneem.

Dit was waarlik ’n groot dag vir die twee, wat hulle hul hele lewe lank sekerlik nooit sal vergeet nie. Ons wens hulle alle voorspoed toe op hul lewenspad saam.

No comments: