Thursday, October 30, 2008

Letters / Briewe

Grondpaaie versus Teerpaaie

Daar was ‘n tyd gelede blykbaar ‘n toutrekkery oor die opsie om die Sani-pas te teer tussen die paaie-owerheid en die erfenisbewakers wat dit teengestaan het. Toe die Swartbergpas se vere in die 1980’s reggeskud is vir die eeufeesviering, is daar blykbaar ook haastig gewerk om enige so ‘n moontlikheid uit te skakel.

Die noordelike helfte van die pas is meestal in ‘n goeie toestand, maar die suidelike helfte ontwikkel as gevolg van reën dikwels vele slaggate waarvoor herhaaldelik grond uit gruisgroewe aangery moet word vir herstel. Na ‘n onlangse rit oor die Swartbergpas het die volgende vrae by my opgekom:

Het die bewakers regtig al die nadele en voordele van grondpaaie en teerpaaie teen mekaar opgeweeg? Het iemand dalk gewonder waar kom die grond vandaan om enige grondpad in ‘n goeie toestand te hou. Het iemand al oor die land heen gaan kyk hoe groot is die gruisgroewe en waar dit geleë is? Gesien hoe groei dit in grote met elke vrag grond wat uitgehaal word? Getel hoeveel vragte grond is nodig om 1 km blad te gooi?

Die grond behoort wel aan iemand wat daarvoor betaal het. Op boerdery eenhede laat dit ongevraagde “damme” wat nie benut kan word nie. Dis weiding wat weg is. Dit word dikwels agtergelaat met die potensiaal om erosie aan te moedig. Ander streke se bo-groei herstel dalk gouer, maar grondversteurings in die Karoo neem 15 tot 20 jaar vir volkome herstel. Van laasgenoemde het ek eerstehandse kennis.

Die gruisgroewe was gemaak waar die stootskraperoperateur – na ‘n paar onsuksesvolle pogings elders – gedink het die beste gruis was. Of iemand vir die vernieling vergoed word, weet ek nie.

‘n Teerpad se basis is darem amper lewenslank (dalk effe langer indien die owerheid die oorlaaide vragmotors van die paaie kan afhaal), maar ‘n grondpad se blad moet elke 6 tot 10 jaar vervang word.

Kan iemand dalk die korttermyn en langtermyn berekening doen?


Sara-Mari du Plessis

Kultuurstigting se Antwoord

Die skrywer (bo) kan vir haar bydrae gekomplimenteer word en het heelwat sinvolle opmerkings in haar brief gemaak, veral aangesien eksterne omgewingsfaktore wel ter sprake is.

Die argument teen die omgewingsimpak van gruisgroewe kom oortuigend voor, maar ‘n meer omvattende studie en ontleding van voor- en nadele moet deeglik oorweeg word.

“Asemrowend, ontsagwekkend, ‘n briljante padbou ingenieurs meesterstuk…” is die woorde waarmee beide Jan Alleman en deskundiges na ‘n enkele rit die Swartbergpas beskryf. Sal daar nie afbreuk gedoen word aan hierdie verwondering en ontsag as die pad oor die Swartberg geteer sou word nie? Dit is tog ‘n nasionale monument en een van die mees voortref-like passe in die land. Kan dit werklik onverantwoordelik genoem word om, ondanks die behoefte aan gruismateriaal uit gruisgroewe, ‘n nasionale erfenisskat in sy huidige vorm te behou?

‘n Oortuigende tegniese siening wat maan teen die omskepping in ‘n teerpad, is diè van ervare siviele ingenieurs. Hul uitgangs-punt is dat die geometriese standaarde te knap is.

In sy huidige ongeteerde vorm is die ongeluksyfer laag (Ross, 2003). Daar is wel die paar onverskilliges wat oor die Swartbergpas jaag om vroeër by hul bestemming uit te kom. Dink net hoe die ongeluksyfer sal opskiet as die knap, kort draaie eers geteer is. ‘n Deel van die opgradering met teer behels dan ook die aanbring van ui-ters onooglike standaard veiligheidsrelings enduit – ‘n versperring van die asemrowende uitsigte nou te sien terwyl jy ry.

Die Swartbergpas is nie net ‘n kommunikasiepad nie, maar ook ‘n gesogte bestemming.

Ons besef dit dalk nie nou nie, maar toekomstige geslagte sal die Swartbergpas al hoe meer op prys stel. Die genot van ‘n rit op ‘n eeue-oue gruispad oor ‘n majestieuse berg word al hoe meer uniek en kosbaar.

Daar bestaan ‘n algemene siening dat swaar verkeer wat die Swartbergpas as skakelpad gebruik strenger beheer moet word. Ligter verkeer sal die instandhoudingsbehoefte en dus die aanvraagmateriaal uit gruisgroewe ooreenstemmend verminder.

Die moontikheid van ‘n tolstelsel spesifiek vir die instandhouding van die Pas, met die toegevoegde byvoordeel van kosbare werksgeleenthede vir (moontlik voltydse) padwerkers, moet goed oorweeg word. Hulle aandag kan uitsluitlik toegespits worddie pad se oppervlak, mure en dreinering.

Hierdie uiters haalbare opsie is reeds herhaaldelik deur die Kultuurstigting aan die padowerheid geopper.


We want Service Delivery - Not Self Service!

For the past two months I have been trying to extract a decision from the Municipal Council on a simple matter and I now just have to reveal to fellow Prince Alberters what I see as a total lack of work ethic, commitment and delivery on the part of some of our local Municipal Councillors.

I have just discovered that they have spent the last three formal council meetings in September and October arguing over and not agreeing on the minutes of previous meetings held from January to June this year! This means that decisions taken at those meetings cannot be implemented. I was also disgusted to learn that the voices of reason are brushed aside and that meetings are often stretched out from early in the morning to late at night and consequently free teas, lunch and supper are provided at the expense of the ratepayers! It would be interesting to know what the current expenditure on meals and snacks at Council meetings is.

As a result there are now dozens of urgent decisions awaiting Council approval. How is the Acting Municipal Manager able to do his job under these conditions? This is a bad joke at the expense of all ratepayers.

We in Prince Albert would do well to wake up, stand up for our own rights and interests. Why don’t we all start attending Council meetings from the public gallery to see what some of our elected representatives get up to? After all, we pay their salaries! If we are not satisfied with what we see, then we should perhaps call for new elections.

Come on Councillors do the job for which you are being paid and make us all “Proudly Prince Albert”

John Mckenna

PS Please would the Friend publish the dates and times of all future Municipal Council meetings so that we can all be in the public gallery – who knows the public gallery may have to be made larger!
(A copy of the letter was sent as a courtesy to the Speaker of the MunicipalCouncil just before going to press. We hope that this will give the Council members sufficient time to respond in our next edition should they so choose.)


Munisipaliteit antwoord leser se vrae

Mnr G Breytenbach se Vrae aan die Munisipaliteit (Prince Albert Vriend, September 2008) verwys.

Die kwessie van ‘n kampeerplek in die parkie in Kerkstraat klink na ‘n goeie idee. Die Raad sal dit kan ondersoek, maar alle omringende bure sal daartoe moet instem.

Die ondersoek vir die betaling van rekeninge by buite instellings soos byvoorbeeld die Poskantoor was reeds ondersoek. Die maandelikse vaste fooi plus die kommissie wat op die betaling gehef word het dit nie koste effektief gemaak vir die paar verbruikers wat die fasiliteit wil gebruik nie.

Op navraag kan verbruikers wat verkies om by ander instellings betalings te maak is die aanbeveling om ‘n direkte bankinbetaling te maak op die bankrekening of ‘n internet oorplasing na die Munisipaliteit se bankrekening (laasgenoemde is die gewildste vorm van die ander betalingsmetode op hierdie stadium).

The building inspector has addressed numerous letters have been addressed to the owner of the house in Church Street that has RESTAURANT painted on its side in spite of no longer operating as such. It is the owner’s sole responsibility to remove the sign; the Municipality can not take this action. The owner lives abroad and has to date not responded to this and the Municipality’s other requests in respect of his property.


Vullis by ingang van ons dorp


Mnr en mev Frangs se brief (Prince Albert Vriend, September 2008) verwys.

Verskeie pogings, ook wat die skrywers aanbeveel het, is al aangewend om die gebied naby die Gholfbaan skoon te kry. Onlangs het ‘n groep skoliere in ‘n uur se tyd meer as 300 sakke rommel opgetel – op die presiese terrein.
Met die herwinningsprojek wat besig is om te ontwikkel behoort die toestand ook te verbeter. Die Raad het reeds in beginsel aanvaar om ‘n terugkoop stelsel in plek to stel. Persone wat graag geld wil ontvang vir rommel soos papiere, blikkies en plastiek kan dit inbring en sal dan vergoed word. Die tweedelige doel is om armoede te verlig maar terselfde tyd van die rommel ontslae te raak. Iets wat geld werd is, lê nie rond nie.

Dawid Rossouw
Waarnemende Munisipale Bestuurder

Wettige Taxi Operateurs

“Bekommerde Ouer” se brief (September 2008) verwys.

Daar is tans twee wettige taxi operateurs in ons dorp, naamlik:

Mnr en mev van Rooyen
Ambraalstraat 3
Prince Albert
Tel: 023 5411907/072337314

Mnr W Hinkman
Dahliastraat 477
Prince Albert
Tel: 023 5411280/0822942216

Beide mnr van Rooyen en mnr Hinkman is ten volle teen passasiersaanspreeklikheid verseker en mag volgens hulle vervoerpermitte binne die jurisdiksie van die plaaslike munisipaliteit en ander dorpe en stede sake doen. Hulle is ook lede van die wettige Norwich taxi vereniging.

Die twee persone en hulle voertuie voldoen aan alle vereistes wat hulle bestuurspermitte en bestuurslisensies betref, nl, die Nasionale Padverkeerswet 93/1996 (NRTA 93/96) en die National Land Transport Transition Act (NLTTA 22/2000).

Wetstoepassing sal op onwettige operateurs gedoen word en daar word ‘n beroep gedoen dat die gemeenskap nie onwettige operateurs bevorder nie.

Mark Februarie
Verkeersbeampte, PA Munisipaliteit

Slow Down Please

I would like to make a polite plea to farmers and other road users to slow down when entering Prince Albert along the dirt road onto Pastorie Street! There are children walking and cycling up and down this street several times everyday on their way to and from school and it terrifies me because people only start slowing down as they approach the stop street crossing over de Beer Street. I am aware that it is a provincial road and speed bumps are not a possibility, so the only thing to do is to appeal to your sense of responsibility and please consider this thought: If your children or grandchildren were in this situation, wouldn’t you feel better if people drove considerately?

Imke Maeyer

Thank You

I would like through the Friend to express my sincere thanks and gratitude to all the friends, acquaintances and even people not personally known to me who sent messages of hope and support during my recent surgery. Thank you too to everyone who visited me in hospital and kept my spirits up.

My rehabilitation will of necessity be long but with the continued support of friends and my wonderful family and the encouragement of a very able and enthusiastic physiotherapist, I am sure I will once again be able to walk around Prince Albert.

Thank you all once again.

Kay Howes

No comments: