Sunday, November 30, 2008

Kultuurstigting vereer John Southern

- Debbie Badenhorst -

Die eerste groot taak wat John aangepak het, was die restourasie van Seven Arches, ‘n Victoriaanse gebou met ‘n ryk geskiedenis, gebou in 1865. Daarna het Ortons, ‘n Edwardiaanse gebou wat dateer uit 1905, gevolg. Dit is moontlik deur Gawie Beukes gebou as sy tweede “Movie House”. Hier het hy op die klavier gespeel terwyl hy stil prente vertoon het.

Buite die dorp het John goed daarin geslaag om die eenvoud en karakter van die Victoriaanse plaashuise op Paradys en Rosendal te laat herleef.

Hy is nou ook die eienaar van die historiese ou slagpale by Skapieseinde en sal sekerlik ook daar ‘n bydrae tot voordeel van Prince Albert maak.

Op sy beurt het John sy innige waardering uitgespreek teenoor die Kultuurstigting en die stigting geprys vir die belangrike rol wat dit speel om mense bewus te maak van ons dorp se erfenisskatte. Hy het ook met lof gepraat oor ons koerant, die Prince Albert Vriend. Hy beskou dit as ’n argief vir die dorp se geskiedenis en huidige kulturele lewe. Hy sê die koerant is ook 'n onontbeerlike spreekbuis om die denkwyses en leefpatroon van die dorpenaars aan die wyer gemeenskap oor te dra. Nie almal weet dat die koerant eens op 'n tyd in die Seven Arches gebou gehuisves was nie.
Namens almal by die museum: “Baie geluk, John, en dankie vir jou volgehoue bydrae tot die bewaring van ons dorp en distrik se ou geboue. Danksy mense soos jy en Helena se visie, sal ons erfenis behoue bly.”

Dankie ook aan die Vriende van die Museum wat hul ledegeld so getrou betaal.

No comments: