Sunday, November 30, 2008

Willing Hearts eindig rugby seisoen op hoë noot

- Jeff Griebelaar -

Prince Albert se Willing Hearts Rugby Klub het as nuweling in die SWD Presidentsliga sy man gestaan en albei spanne het vierde geeindig. Die manne speel hul harte uit; wie weet, binnekort lewer Prince Albert hopelik provinsiale spelers.

Willing Hearts se uitslae lyk soos volg:
· Jaguars (The Crags) tweekeer gewen,
· United (Willowmore) een gewen en een verloor,
· Collegians (Oudtshoorn) tweekeer gewen,
· Kango United (Schoemanshoek) tweekeer gewen,
· Oudtshoorn Dorp tweekeer verloor,
· All Blacks (Oudtshoorn) een gewen en een verloor,
· United (Knysna) tweekeer verloor.

In die A-span hetMarshall Keyser (vleuel), Johannes Masoes (senter), Graham Hendriks (senter), Jaco Hendriks (losskakel), Mervin May (agsteman), Wilfred Masoes (flank), Jaques Moos (flank), Hans Blauw (stut), Jason Claassen (haker) en Randall Wagenaar (stut) geskitter met hul spel. In die B-span was dit Jeftha De Wee (heelagter), Kenneth Philander (senter), Henwico Stal (losskakel), Donovan Plaatjies (skrumskakel), Jan Wolwerans (flank), Gerhardus Darries (agsteman), Jimmy Stevens (stut), Jaco Pretoruis (haker) en Karel van Schalkwyk (stut).

Die SWD O/21 span sluit vier van ons spelers in, hulle is Marshall Keyser, Graham Hendriks, Jaco Hendriks en Wilfred Masoes. Randall Wagenaar haal die SWD Plattelandse span. Baie geluk aan hierdie spelers.

‘n Groot woord van dank aan die toegwyde afrigters, Claude Hendriks (A-Span) en Henry Arries (B-Span) asook Titus Hendriks, Jeff Griebelaar, Petrus Faro en Jonas Faro wat alles moontlik doen om die klub se liga-verpligtinge na te kom. U harde werk en toewyding word opreg waardeer.

Sonder spelers, bestuur en elke getroue ondersteuner is daar geen wedstryd of funksie nie, ‘n hartelike dankie aan iedereen.

Op 20 Desember 2008 hou ons ‘n gesellige funksie om die jaar in styl af te sluit.

No comments: