Sunday, November 30, 2008

Vielen Dank Bodo!

- Kobus Snyman en die Hoërskool Zwartberg personeel -

Bodo se maraton-fondsin-sameling het met die slag van simbale en die geskal van trompette tydens die 7e Oktoberfest tot 'n einde gekom.

Wat 'n onvergeetlike aand, met die Blaskapelle Hemslingen wat genotvolle musiek en groot vermaak verskaf het. Hierdie Oktoberfest het nie alleenlik R65 987.00 vir Hoërskool Zwartberg ingesamel nie, maar ook tot voordeel van almal, die gastehuise gevul; mense getrek wat die twee kunsuitstallings en die blommefees van die naweek bygewoon het; die personeel van die Koffiewinkels aan die hardloop gehou en baie nuwe vriende vir Prince Albert gemaak het.

Bodo has been raising funds for the Babbelbergies, Wilderkanisland and Hoërskool Zwartberg for the last 8 years – an amazing total of R540 480.00 in all.

This includes monies raised through seven Oktoberfests, the 2007 Musikschule Schreiber visit, and many donations in support of individual children and special needs.

Ever since their arrival in Prince Albert Bodo and Gudrun have immersed themselves in the life of the village and have supported many of our local institutions but there can be few people who have given as generously of their time and energy towards the education and welfare of the children of our community.

Vir Bodo het die tyd aangebreek om die lederhosen in die kas te sit en 'n blaaskansie te neem. Bodo en Gudrun sal volgende Oktober hulle vriende en familie in Duitsland gaan besoek.

Bodo, ons as personeel van Hoërskool Zwartberg wil namens die gemeenskap van Prince Albert opreg dankie sê vir jou besorgdheid met ons leerders en jou ongelooflike pogings om fondse in te samel sodat ons die beste moontlike opvoeding aan hulle kan gee.

VIELEN DANK!

No comments: