Sunday, November 30, 2008

Zwartberg se leerders kry beloning vir hul harde werk

- Anneke van Eck -

Op Vrydag-aand 24 Oktober 2008, was dit Hoërskool Zwartberg se jaarlikse prysuitdeling. Leerders is op akademiese- en sportgebied deur ‘n verskeidenheid toekennings vereer vir hul pogings wat hul dwarsdeur die jaar ingesit het.

Op sportgebied het leerders uitgeblink en veral die karate-groep het baie mooi presteer op die nasionale kampioenskappe. Die Junior Sportvrou toekenning is gegee aan Eloïse Gouws en die Junior Sportman was Oscar Maeyer. Die Senior Sportvrou was Nina Vermeulen en die Senior Sportman was Marius Williams.

Op akademiese gebied het baie leerders mooi presteer. Leerders wat in hul onderskeie grade bo ‘n sekere persentasie behaal het vir ‘n vak, het kontantbewyse gekry waarmee hul vir hul boeke kon bestel op Kalahari.net.

Baie dankie aan mnr. Jeremy Freemantle vir die inspirerende boodskap en aan mev. Imke Maeyer wat die pryse oorhandig het.

Ons voel regtig trots op elke leerder wat ‘n prys ontvang het en hoop dat daar volgende jaar dubbel soveel op die verhoog sal verskyn!

Baie geluk met jul prestasies!

No comments: