Tuesday, March 31, 2009

Christelike Perspektief

- Reinie Smit -

Met Paastyd wat voorlê, raak ons weereens bewus van die groot rol wat die Here regtig in ons lewens speel. Daarom wil ek vir ‘n oomblik stil word en die volgende belofte (uit “Daaglikse Woord”, Julie 2007) met julle deel. Dis teen ons yskas vasgeplak, en elke keer as ek dit lees, bid ek “Here, help my asb om dié belofte my eie te maak.”

‘n Belofte
En nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe.
- Gal. 2:20 -

Vandag belowe ek U, Heer,
Om sterk te wees, sodat niks my gemoedsrus kan versteur nie.
Om oor gesondheid, geluk en hoop te praat met almal wat ek teëkom.
Om my vriende te laat voel dat daar iets moois en goeds in hulle is.
Om altyd die sonnige kant te sien en optimisties omtrent die lewe te wees.
Om net oor die beste te dink, die beste te doen en die beste te verwag.
Om net so bly oor die sukses van andere te wees as oor my eie.
Om die foute van die verlede te vergeet en na groter sukses in die toekoms te streef.
Om soveel tyd daaraan te bestee om myself te verbeter, dat ek geen tyd oor het om andere te kritiseer nie.
Om te sterk te wees vir vrees, te sag vir woede, en te gelukkig vir kommer.
Om elke dag my hart in gebed oop te maak, sodat Christus in en deur my kan werk en straal.

No comments: