Tuesday, March 31, 2009

Jong Seuns Lewer Kookwater Krieket

- Dirk Visser -

Die o/13 krieket span van Prince Albert Primêr het 19 Februarie teen Hoërskool Zwartberg gespeel en 23 Februarie was dit die o/11’s se beurt.

Daar het groot opwinding geheers tydens die busrit na ons buurskool en die wedstryde het vir nog verdere opwinding gesorg.
Zwartberg se o/13 span het eerste gekolf en 63 lopies in 25 boulbeurte aangeteken. Prince Albert Primêr het aanvanklik gesukkel, maar danksy ‘n briljante onoorwonne 25 van Marlow Vries het die besoekers Zwartberg met 6 paaltjies geklop. Marlow se beurt het drie viere en ‘n uitstekende ses ingesluit.

Danksy puik boulwerk deur Zwartberg se o/11’s het hulle Prince Albert Primêr tot 40 lopies in 20 boulbeurte beperk. Ten spyte van goeie boul-en veldwerk deur Prince Albert Primêr is die wenlopies deur Zwartberg in die 18de boulbeurt geslaan.

Die twee spanne se gedrag was onberispelik en dit is wonderlik om te sien dat krieket met soveel entoesiasme in die platteland beoefen word. Sterkte aan die twee spanne vir die res van die seisoen.

No comments: