Sunday, June 29, 2008

Klaarstroom se Senior Burgers Wys Hoe

- Sharon Witts-Hewinson -

Die ou gesegde, “In grysheid is daar wysheid” is baie waar hier by ons op Klaarstroom en ons besef dat ons aktiewe senior burgers die jonger geslag kan leer hoe om die meeste uit die lewe te put.

Oom Andries Claassen is die leier van die groep seniors en hy vertel dat hulle elke week bymekaarkom om ‘n uitstappie of ‘n geselligheid te geniet.

In Junie het hulle by die Klaarstroom Gastehuis kom kuier en ons is bly om te rapporteer dat ons, en die melktert, hulle goedkeuring weggedra het.

Dit was wonderlik om te luister na al die ou herinneringe en ondervindings van vroeër dae.

Dit was inderdaad 'n voorreg om hierdie wyse mense net so bietjie te kan bederf!

No comments: