Tuesday, March 31, 2009

Merweville Ons Nuwe Tuiste

- Lenor Snyman -

Jakkalsfontein, sowat 35 minute se ry anderkant Merweville, toon nuwe lewe. Die grasperke groei en die malvasteggies van Prince Albert af aangery het gevat en groei welig. Die apiesdo-rings en al die lavender is aan die groei. Met die heerlike reën van die afgelope tyd is die grond ook gevoed en toon elke pol gras se binnekant lewe. Die riviere het geloop en op sommige plekke het die panne "gelei" gestaan.

Die familie Snyman kuier gereeld saam en die plaas is 'n veilige hawe vir bedrywige studente. Kobus Jnr. is tans verbonde aan AFDA waar hy besig is om homself te bekwaam in die film- en media bedryf as "cinematographer and editor" (die hoofvakke in tweede jaar). Die opleiding is 'n groot uitdaging en hy vind die geleenthede verrykend. Abel is besig om homself te bekwaam as elektrisiën en werk en studeer tans in Ceres om die 5 jaar opleiding suksesvol te voltooi. Francis is tans in graad 9 in die Hoër Meisie-skool La Rochelle in die Paarl en geniet elke geleentheid om te ondersoek en deel te neem. Sy hou haar besig met aksie-netbal, atletiek en is in die afgelope atletiekseisoen as die beste 0/15 veldatleet gekies. Sy neem dans en kuns as ekstra vakke en geniet die nuwe uitdagings baie. Elke uitnaweek kuier die familie saam en danksy 'n veilige busdiens en vriende is dit byna elke naweek wat Frani op die plaas kan kom groet en kuier.

Fudge is baie tevrede met die nuwe klein skaaphond "Swart" en hy neem ywerig deel aan die opleiding. Die jong skaaphond word nou die vaardighede aangeleer vir die groot 'skaapwerk' eendag. Fudge is nou 'n plaasbrak en is baie opgewonde as almal kom kuier oor naweke. Ek dink hy mis die baie kinders by Hoërskool Zwartberg. Ma Snyman het 'n professionele hekoopmaker geword en na die grondpad na die plaas is dit 'n vreugde, om te gaan skoene uitskop en die Karoo te geniet.

Dit is vir ons heerlik op die plaas en Kobus mis die kinders baie, maar is baie gelukkig met al die nuwe uitdagings.

1 comment:

Unknown said...

A newly designed bus service open up opportunities for high school learners ! Unieke hoërskoolopvoeding nou binne almal se bereik !
From 2010, all high school learners will be able to attend Oudtshoorn High in Oudtshoorn due to the convenience of a special school buss service for these learners between Oudtshoorn and Beaufort West. We will transport them in our Mercedes Sprinter in comfort.
Now all of the learners in Beaufort West and district, can take subjects like Computer Application Technologhy, Graphic Design, Product Design, Visual Art, Music, Engineering Graphics and Design, Music Theatre, Photography, Consumer Studies (Home Economics) and many more !!!!! Our hostels are next to the school, which is conveniently situated in the center of town and a true home away from home.
Hoërskool Oudtshoorn is 'n dubbelmedium skool met 'n uitstekende akademiese-, kulturele- en sport-rekord, met 'n 100% slaagsyfer wat al jaar na jaar gehandhaaf word. (Dertien van die 19 A% kandidate van die Oudtshoorn-distrik, kom van Hoërskool Oudtshoorn af. 103 van ons 124 kandidate van 2008 het toegang tot universiteitstudie. Ons is ook 'n voederskool vir Universiteit van Stellenbosch se Ingenieursdepartement. Daarvoor maak ons seker dat AL ons leerders wat Wiskunde neem, wel die Wiskunde 3 vraestel skryf, wat baie voordele inhou vir die leerders wat verder wil studeer. Ons is slegs een van twee skole wat dit doen.)
In die hartjie van die Klein Karoo, geniet ons leerders net die beste voordele, tegnologie en rekenaaropleiding. Ons spesialiseer in alle aspekte van rekenaargesteunde onderrig en bied sewe van die agt studievelde aan wat voorgeskryf word deur die Nasionale Kurrikulum vir hoërskole. Ons glo in die totale ontwikkeling van die kind, om 'n gebalanseerde, gedissiplineerde, maar gelukkige, gebonde kind, die wêreld in te stuur. Daarom het ons koor, drama, olimpiades, TV-plus, kunskompetisies en heelwat meer waaraan ons die leerders blootstel.
'n Veilige omgewing met hoë morele waardes en 'n vaste geloof, verseker dat ons leerders ongekende sukses behaal. Is dit nie tyd dat u ons kontak nie ?
www.oudhs.co.za - Kontak Struisieland gerus en WEET dat jy ook net die beste vir jou kind verlang !