Saturday, May 31, 2008

MUNISIPALE NUUS - MUNICIPAL NEWS

Nuwe Personeel Aanstellings

Die volgende personeellede het in Mei 2008 diens aanvaar by Prins Albert Munisipaliteit:

Riool Afdeling:
Reginald Romp,
Apools Moos
Sanitasie Afdeling:
Bazil Tolken
Kantoor Skoonmaker:
Audrey van der Ross
Biblioteek Asst. Aflos / Skoonmaker: Jeanetta Jacobs

Vaardigheid by die Werksplek

Die Munisipaliteit van Prins Albert het vanaf 10 – 14 Maart 2008 Vaardigheidsontwikkeling (Skills Development) Opleiding te Beaufort-Wes bygewoon.

Personeel en Raadslede van Sentraal Karoo Distriksmunisipaliteit, Beaufort-Wes Munisipaliteit en Laingsburg Munisipaliteit het ook die opleiding voltooi.

Die Opleiding is aangebied deur die Firma Africa Competency Development en die Lektrise was Me. Carolyn Ryan van Kaapstad.

Prins Albert Munisipaliteit is verteenwoordig deur die Wnde. Burgemeester (Raadslid Magdalena Benjamin, twee Vakbonde, IMATU (Eslein Kammies) en SAMWU (Attieen Arendse en Merlyn Deelman) en die Sekretaresse (Mej Karin van der Mescht).

Mej van der Mescht tree tans op as Skills Development Facilitator vir die Munisipaliteit.

Die Noodsaaklikheid van opleiding vir die werkers is baie sterk beklemtoon tydens die Opleiding. Goed opgeleide en gekwalifiseerde werkers verbeter dienslewering by Organisasies en die Werknemer se produktiwiteit en selfbeeld word ook in die proses verbeter.

Werkgewers moet hul Werknemers motiveer om hulself te bemagtig deur opleiding om sodoende bevorderingsmoontlikhede in die werksplek te bewerkstellig.

No comments: