Saturday, May 31, 2008

PAZSTS op die been in Prince Albert

- Goliath Lottering -

Op uitnodiging van Ebrahim Rasool, premier van die Wes-Kaap, is die Prince Albert Zonal Social Transformation Structure gedurende Maart in die lewe geroep om te verseker dat ontwikkeling wel binne gemeenskappe plaasvind.

Die organisasie is verteenwoordigend van alle gemeenskappe binne die munisipale gebied en die verkose komitee en sektorverteenwoordigers het al hul strategiese beplanning afgehandel en hul grondwet is in plek. Tans is hulle besig om te registreer as ‘n nie-winsgewende organisasie.

Die hoofdoel van die organisasie is om te sorg dat regeringsdoelwitte meetbaar, haalbaar, realisties en tydgebonde binne gemeenskapppe gekoördineer word. Deur samewerking met die kantoor van die premier, kan armoede in die munisipale gebied daadwerklik aangespreek word.

Die komitee het op Klaarstroom afgeskop en hul eerste vergadering het ingeskakel by die gemeenskapsvergdering wat op 8 Mei in Leeu-Gamka gehou is.

Die sektorverteenwoordigers is nou besig om inligting te versamel sodat die komitee op die hoogte kan kom van die huidige stand van sake. Die gemeenskap word versoek om met die organisasie saam te werk sodat daar werklik ‘n verskil in mense se lewens gemaak kan word.

Die komiteelede:

Voorsitter: Charles Arries
Onder-voorsitter: Fatima Lekay
Sekretaris: K Nuwegeld
Hulpsekretaris: Megan Lottering
Tesourier: Goliath Lottering
Skakelbeampte: Stoffel Botes

Sektorverteenwoordigers:

Behuising: Viola Petoors
Gesondheid: Christina Stols
Sport: Anthony Morgan
Jeug: Carina Wilschutte
Vervoer: Raymond Swartz
Toerisme: Chantall Booysen en Godfrey Rossouw
Landbou: Hansie Rossouw
Finansies: Dave Rennie
Justisie: Sam Visser
Sosiale Ontwikkeling en Godsdiens: Sera Arendse
Opvoeding: Nico Mans
Besigheid: Willem Jansen

No comments: