Saturday, May 31, 2008

My Christelike Perspektief

- André Jaquet -

Hoe hanteer 'n mens enige konflik hetsy tussen mense, in die huis, by die skool, by die werk of elders? Daar is 'n magdom van verskillende konflikte wat maklik ontstaan maar min wat maklik bevredigend opgelos word. Ongelukkig is die geaardheid van die mens so dat ons vinnig opgewonde raak en moeilik toegee.

Die goue reël vir oplossing van sulke moeilike situasies is dat elkeen die ander persoon ernstig opneem en probeer verstaan wat agter dié persoon se standpunt lê. Dikwels verg dit 'n onpartydige bemiddelaar. En hoe doen 'n mens dit? Dit is makliker gesê as gedaan.

In sommige situasies is dit gerade om klein stappies in die regte rigting te probeer maak om versekering en vertroue stadig maar seker op te bou.

Met ander woorde om, soos die Bybel sê: “Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen” (Matt 7:12). Dit is ook wat die Tora en die Koran vir ons sê.

Ons as Christene hoef nie vêr te soek vir ons bemiddelaar nie! Ons Here, Jesus Christus, het ons uitgenooi om Hom as ons bemiddelaar te laat optree.

No comments: