Saturday, May 31, 2008

Museumnuus

Op Woensdagaand, 14 Mei, het die Fransie Pienaar Museum sy Algemene Jaarvergadering gehad. Oud en jonk het kom luister en heerlik saam gekuier.

Linda Labuschagne, ‘n geesteswetenskaplike verbonde aan die George Museum, het ons kom toespreek. Haar onderwerp: Outeniqualand, vroeë geskiedenis.

Interessante feite het in Linda se geselsie na vore gekom. Min van ons is daarvan bewus dat George die sesde oudste dorp (en distrik) in Suid Afrika is. Slegs Kaapstad, Stellenbosch, Swellendam, Graaff-Reinet en Uitenhage, is voor George gestig. In 2011 vier hierdie pragtige stad sy tweehonderdste bestaansjaar.

The city of George, the geographical centre of Outeniqualand, is 226 meters above sea level and 8 km inland. Its mild climate has made George the only hop-growing centre in the Southern Cape.
In April 1813, arriveer die Duitser, Charles Pacalt, as die eerste sendeling van die Londense Sendinggenootskap, te Hoogekraal, naby George. Hy begin dadelik huis bou, lê tuine aan en stel ‘n dorpsplan op. Pacalt was die eerste persoon om boere te leer hoe om suur grond met kunsmis en korrekte landbou-metodes minder suur te maak. Na Pacalt se dood is “Hoogekraal” verander na Pacaltsdorp, ter ere aan hom.

Outeniqualand was blessed with a rich wildlife. Quaggas and the blue antelope were in abundance. Today, regrettably, both the quagga and antelope are species which have become extinct. In 1886 there were between four and five hundred elephants in the forest. At present, only one elephant has been spotted in the Knysna forest!

Adrianus Gysbertus van Kervel is as eerste landdros aangestel en was verantwoordelik vir die bou van die George Drostdy en die uitmeet van die eerste strate. Yorkstraat, Meadestraat en Courtneystraat was elk driehonderd voet wyd sodat ‘n wa met osse gemaklik in dié strate kon draai. Landdros Van Kervel het aan ses houtkapperfamilies elkeen ‘n gratis erf voorsien, mits hulle die dorp van timmerhout vir boudoeleindes, sou voorsien. In 1815 betree Landdros Van Kervel sy nuwe tuiste, die Drostdy. Teen die einde van die 19de eeu word dié gebou in die bekende Victoria Hotel omskep en sedert 1976 word die George Museum daar gehuisves.

Linda Labuschagne nooi alle belangstellendes uit: “Kom kyk gerus na die pragtige uitstallings oor Outeniqualand en sy interessante mense. Ingang is gratis!”

Van my kant af: “Dankie aan dié inwoners van Prince Albert wat werklik belangstel in die wel en weë van ons eie museum en gereeld kom inloer.

Indien u graag ‘n “vriend van die museum” wil word, kontak ons gerus by 023 5411 172 vir meer inligting.

Museumgroete
Debbie Badenhorst

No comments: