Thursday, April 30, 2009

Fanie Venter

17 February 1933 - 7 April 2009

Fanie Venter, sestien jaar lank ’n geliefde inwoner van Prince Albert, is op 7 April 2009 in die ouderdom van 76 jaar in Krugersdorp oorlede.

Hy en sy vrou Thelma het Prince Albert ses maande gelede verlaat om by hul dogter en haar gesin te gaan inwoon.

Hulle was net goed ingerig en gevestig toe hy ’n ernstige hartoperasie moes ondergaan. Hy het nie weer sy bewussyn herwin nie en is ná drie weke in die intensiewe eenheid oorlede.

No comments: