Thursday, April 30, 2009

Ons Karatekas Doen Dit Weer

- Diana Koorts -

Agt van Hoërskool Zwartberg se karatekas het 21 Maart aan die Wes-Kaap Kampioneskappe te Stellenbosch gaan deelneem. Daar was onge-veer 280 karatekas wat aan die kompetisie deelgeneem het. Almal was slaggereed en reg vir die groot uitdaging wat wag.

Vier lede van die span het teruggekom met ‘n pragtige medalje om die nek – iets waarvoor hulle hard gewerk het en werklik verdien het.

Die volgende leerders het medaljes ontvang:
Pieter Koorts - Goud (Kata)
Oscar Maeyer - Brons (Kata)
Ryan Ferreira - Goud (Kata en Gevegskuns)
Nelius Koorts - Goud (Kata en Gevegskuns)

Baie geluk aan elkeen wat deelgeneem het – ons almal is waarlik baie trots op julle. Ons hou duimvas vir elkeen – 23 Mei is dit SA’s en ons glo julle sal weer dieselfde prestaisies behaal.

Vanjaar is die eerste keer dat die karatekas Springbokkleure kan verwerf – ons hou werklik duimvas dat Hoërskool Zwartberg ook sy eie kwota Springbokke kan oplewer!

No comments: