Thursday, April 30, 2009

Prince Albert Primêr verwelkom Mnr en Mev Visser

- Sami Delport -

Mnr. Dirk Visser is een van die nuwe onderwysers by Prince Albert Primêr. Hy is gebore in George en het ook daar groot geword. Nadat hy sy B.A graad op Stellenbosch verwerf het, het hy ook vir drie jaar aan die Onderwys Kollege Boland in Wellington studeer vir sy onderwys diploma.

Na sy studies het hy vir twee jaar in Kaapstad skool gehou voordat hy vir sewe jaar lank in Taiwan skool gegee het. Dit is ook hier waar hy sy pragtige vrou, Helen, ontmoet het.

Mnr. Visser is baie lief vir sport, veral rugby, tennis en krieket en geniet dit om vir die leerlinge te onderrig.

Die Vissers geniet die skoon lug en die rustige atmosfeer in Prince Albert en sien uit daarna om hul hier te vestig en verder betrokke te raak by die dorp se bedrywighede.

Prince Albert Primêr heet u hartlik welkom en hoop dat u gelukkig en lank hier by ons sal wees.

No comments: