Thursday, April 30, 2009

Prince Albert Biblioteekweek 2009

- Reinie Smit -

Biblioteekweek 2009 (16-20 Maart) was soos gewoonlik ‘n bedrywige tyd, vol pret en plesier. Maandag het ons die kleuterskole besoek en die kleinspan bederf met stories en lekkers.
Dinsdag was dit die Teedrink vir lesers bo 60. Die meer as 100 gaste is trakteer op sang en voordrag van die talentvolle kinders van Victoria Akademie en Albert College.
Michael Brunner se akteursvernuf is ingespan en hy’t vir ons ’n gedig en vooorlesing gedoen. Daarna is weggelê aan die heerlike eetgoed wat voorsien is deur die Vriende van die Biblioteek.

Donderdag is ons na die Bejaardesorgsentrum in Noord-End waar poeding en pakkies beskuit uitgedeel is. ’n Program is ook daar aangebied: Sang (Albert College), ’n humoristiese voorlesing (Chen Freysen) en ’n vertelling (Jeanette de Lange).

Leerlinge van al die skole in die dorp het deelgeneem aan kompetisies wat geloods is vir biblioteekweek. Al hul kunswerke is in die biblioteek uitgestal en het baie positiewe reaksie van die publiek uitgelok! Baie dankie aan almal wat ingeskryf het en baie geluk aan al die pryswenners.

Baie dankie ook aan ALMAL wat so hard saam met ons gewerk het om ’n sukses van die week te maak. Ons waardeer julle!

No comments: