Thursday, April 30, 2009

Sterreprag oor Prince Albert

- Hans Daehné -

The founding of the Starfriends of Prince Albert started with a bang when 22 enthusiastic residents enrolled for membership at the inaugural meeting on 21 March. There was no objection to SPACE as the name for the association as it stands for Starfriends of Prince Albert for Celestial Enjoyment.

This was exactly what happened during Earth Hour a week later on Saturday 28 March, when more than 60 people, young and old, gathered on the rugby field of Hoërskool Zwartberg to enjoy a laser pointer tour over our Autumn sky above Prince Albert.

The appearance of a friendly extra-terrestrial with a bag full of chocolates, enough to go round was a welcome surprise. The all important message that he brought was: PROTECT THE EARTH – IT IS THE ONLY PLANET WITH CHOCOLATE.

As the emphasis is on enjoyment there will be no office bearers or duties for the members, other than the promotion of the observation of the starry splendour over Prince Albert.

In die tradisie van sterrekunde om alle lang beskrywende woorde af te kort (kyk net na ISS vir die internasionale ruimtestasie of HST vir Hubble ruimteteleskoop) kan die Sterrevriende van Prince Albert selfs tweetalig ook as SPA uitgedruk word.

Enige persoon wat nog by SPA wil aansluit is welkom om ons te nader vir `n inskrywingsvorm en `n oorsig oor die doelstellings van die vriendekring.

Die volgende groot samekoms van SPACE word beplan vir die 20ste Junie op Abrahamskraal om die wintersonstilstand te vier wanneer die dae weer begin om langer te word.

Volmaan in Mei is op die 9de en Nuwe Maan op die 24ste.

Merkurius word op die 19de Mei weer `n oggendobjek nadat hy in April op sy helderste vir die jaar in die aand sigbaar was.

Venus is baie helder maar net in die oggend sigbaar en sal `n oggendobjek bly vir die res van die jaar.

Jupiter in die sterrebeeld Steenbok word al helderder maar kom aan die begin van Mei eers na middernag op en aan die einde van die maand sal die pragtige planeet met sy vier helder mane reeds vanaf 22h30 vir die hele nag bewonder kan word.

Saturnus in die stertgedeelte van die Leeu is in Mei nog die hele nag sigbaar in sy seldsame vertoning met sy ringe van die kant af gesien.

No comments: