Thursday, April 30, 2009

PA Gholfklub se Sanlam Kanker Gholfdag

By teeing up in your 2009 Sanlam Cancer Challenge Club Competition you will be joining the nationwide fight against cancer. Join me and over 35 000 other golfers who play to beat cancer,” was Ernie Els se kommentaar met die afskop van die 2009 Sanlam Kanker uitdaagreeks. “Last year 771 Sanlam Cancer Challenge Club Competitions were staged. SAGES, a benevolent organisation that raises money through golf, held an additional 30 competitions, making a total number of 801 competitions.

In all 34,598 players participated raising a total of R2,290,894 for CANSA,” het Sue Janse van Rensburg, Nasionale Uitvoerende Direkteur van Kansa gesê en die hoop uitgespreek dat daar in 2009 hierop verbeter kan word. En dit is wat die Prince Alberters wat omgee gedoen het.

Prins Albert Gholfklub het op 28 Maart 2009 hulle plaaslike uitklop toernooi gehou. Die weer was ideaal en goeie tellings is aangeteken. Die toernooi word in drie afdelings gespeel en die wenners van die plaaslike afdelings speel op 22 Augustus te Beaufort Wes teen die wenners van die ander klubs in die Karoo Gholf Unie se streek.

Die wenners van die streek se drie afdelings speel dan van 22 tot 24 Oktober te Sanlameer aan die Natalse Suidkus in die landwye finaal. Prins Albert Gholfklub het al in die verlede ʼn wenner gehad by die byeenkoms toe Ewert Van Zyl dit gewen het.
Die wenners van die onderskeie afdelings was:
Afdeling A (Voorgee onder 10)
– Ewert Van Zyl;
Afdeling B (Voorgee 10 – 16)
– André de Wit;
Afdeling C (Voorgee 17 – 24)
– Bodo Toelstede.

Die hoofdoel van die toernooi is om fondse in te samel om kanker te beveg. Die spelerpryse word deur Sanlam geskenk. Alle inskrywingsfooie en ander fondse wat ingesamel word gaan na Kansa. In samewerking met die plaaslike tak van Kansa, wat ʼn ete aangebied het na die toernooi, en persone wat geborg het in die vorm van skape, tamaties, kontant en nog vele meer, is ʼn rekordbedrag van R 7-55 ingesamel.

Die flukse plaaslike dames van Kansa het op kort kennisgewing ingespring en ʼn heerlike ete van braaivleis, pap, sous, tuisgebakte brood en slaaie voorgesit. Die plaaslike verteenwoordiger van Sanlam, Danie le Grange en die Streekverteenwoordiger van Kansa, Amanda Serfontein, het ook die geleentheid bygewoon. Na die ete was daar tot laat gekuier.

Die Kaptein van Prins Albert Gholfklub, Ewert Van Zyl, het met die prysuitdeling almal wat gespeel, geborg, gewerk en bygedra het tot die sukses van die dag bedank. Onthou volgende jaar in Maart dan maak ons weer so. (Hopelik al amper op ʼn grasbaan!)

Tom Claassen
(Sekretaris van Prins Albert Gholfklub)

No comments: