Tuesday, March 30, 2010

GPF Stig Straatkomitee

Die Gemeenskapspolisiëringsforum het ten doel om die gemeenskap van Prince Albert te bemagtig en versterk. Sodoende kan misdaad aangespreek en verminder word. ‘n Veiliger en beter gemeenskap kan sodoende geskep word.

As eerste daadwerklike stap in hierdie rigting is ‘n Straatkomitee te Bosduifstraat op 8 Februarie gestig. Die Straatkomitee dien as die spreekbuis vir die inwoners in die straat – tans Bosduifstraat – en het ten doel om die basiese behoeftes tot die meer ingewikkelde behoeftes van die inwoners aan te spreek, in samewerking met die GPF. Op grondvlak het elke inwoner van die straat die geleentheid om hul behoeftes bekend te maak. BADISA het reeds die hande van die GPF begin vat deur die stig van ‘n speelgroepie vir klein kindertjies in Bosduifstraat.

Indien u saam met die GPF wil werk om ‘n verskil in Prince Albert te begin maak, kan u Dave Rennie skakel by 082 568 2935.

No comments: