Tuesday, March 30, 2010

Iona vrywilligers ondersteun Hoërskool Zwartberg

- Lesley van Heerden -

Terwyl Ailsa Tudhope betrokke was by die Iona Gemeente het sy vir die vrywilligers ‘n “Powerpoint” vertoning oor Prince Albert en Hoërskool Zwartberg aangebied.

Die groep uit Engeland, Skotland, Noorweë, Swede, Duitsland, Kanada en Australia het kleingeld ingesamel en gevra dat sy iets vir die skool moet koop – ’n fantastiese verrassing. Sy het ses handige boeke oor werksgeleenthede gekry, maar nog ’n verrassing was op pad.

Peter en Susan Whitmill het nog ’n geskenk gestuur: genoeg geld om wetenskaplike sakrekenaars te koop vir die ‘Matrieks van 2011’. Hierdie gelukkige Graad 11 leerders sal seker uitstekende punte vir Wiskunde en Wetenskap behaal, en ons glo dat Hoërskool Zwartberg baie trots sal wees op hul prestasie in albei vakke.

Baie dankie aan die Iona-span en spesifiek aan Peter en Susan, wat ons kinders so bederf het.

No comments: