Tuesday, March 30, 2010

Nog ‘n Argus op Dawid se kerfstok

- Dawid Rossouw -

Van begin Januarie tot die week voor die Argus het ek meer as 2000km met my fiets gery. Ek het goed gevoel en was gereed om die fietstoer aan te pak. Die middag voor die ren het die suidooste wind begin waai en die nag deur was ons kort-kort wakker soos die wind die bome en takke geruk het. My gedagtes het teruggegaan na verlede jaar se toer wat in stormsterk wind afgelê is en het ek my daaraan getroos dat dit nie erger kan wees nie. Na verlede jaar se toer het ek 'n spesiale t-hemp gekry spesiaal ontwerp met“I survived the tour of storms!". Ek sal dit weer doen!

Die wind was sterk, maar nie naastenby soos verlede jaar nie. Oor die eerste 45 km tot by Simonstad het ons in die bek van die suidoos ingery en dit hetenergie getap. Die res van die rit is ge-kenmerk deur dwarswinde wat gevaarlik was en baie konsentrasie geverg het. My mikpunt was om die 110 km onder 5 uur te ry. Ek kon nie daarin slaag nie, maartevrede met my tyd en het 17 793 ste uit 28 817 deelnemers wat die ren voltooi het geëindig. Onder die 22 533 mans, alle ouderdomme, wat die endpaal gehaal het, ek 14 965 ste (7 568 mans eindig na my).op die drumpel van 72 jaar nog so te vaar maak my dankbaar vir goeie gesondheid en daarvoor prys ek die Here.

Die toer is van begin tot end 'n belewenis, die entoesiasme onder die deelnemers, die opgewondenheid, aanmoediging en meelewing van toeskouers is uniek.

Die skokkende nuus van drie goeie vriende wat naby Oudtshoorn kort voor die toer gesterf het, was neerdrukkend, maar ons het geweet hulle was ook lief vir die Argus. Jan Eloff se vrou, Johanna, het vir my gesê 'n spesiale plekkie vir hom was die kruin van Chapmans Piek. Ek het haar belowe dat ek daar beslis aansal dink... dit het ek gedoen! Aandoenlik was ook om te sien hoe drie vriende van Magda van Lill met foto's van haar op hul rue gery het. Ons fiets-ryers gee ommekaar. Die plakker wat die Argus orga-niseerders versprei het, is gepas: LOVE A CYCLIST. SHARE THE ROAD.

Die medalje met die sokkerstadion op is 'n mooi aandenking, maar die mooi natuur langs die roete, fiets-vriendskappe, dankbaarheid om veilig klaar te maak en nie 'n stywe of seer spier te hê nie, is die grootste beloning.

Ek wil ook my mede-fietsryers van Prince Albert gelukwens met hulle prestasies: Chris Jooste het die wedren in ‘n tyd van 4 uur en 43 min klaargemaak, terwyl sy dogter Lulu 100ste uit 5183 in haar groep met ‘n tyd van 3 uur 34 min presteer het. Chris jnr het die ren in ‘n fantastiese tyd van 3 uur en 14 min klaar-gemaak en het 5de in sy ouderdomsgroep geindig. Bokkie Botha het ‘n tyd van 5 uur 21 min behaal en sy seun, Jamie, het ook goed gedoen om in ‘n tyd van 6 uur 28 min klaar te maak. Veels geluk almal! Sien julle almal volgende jaar.

No comments: