Tuesday, March 30, 2010

Prince Albert Primêr se Mini-krieketspan is Onoorwonne!

- J.J. Fransen –

Woensdag ,10 Maart, het Prince Albert Primêr se mini-krieketspan na Dysselsdorp gereis om teen PJ Badenhorst Primêr te gaan meeding.

Hulle het weereens gewys waartoe hulle in staat is en het die wedstryd met 8-3 gewen. Romario Mooneys het baie oulik gekolf en het met sy toegelate 6 balle, 9 lopies aangeteken. Baie geluk aan hom en sy span.

Die spanne is op Woensdag, 17 Maart, na ‘n “Road Show” wat deur die SWD en Gauteng se Krieketraad georganiseer is, genooi.

Daar het die mannetjies ‘n hele paar tegnieke en vaardighede aangeleer. Hulle het ook ‘n vriendskaplike wedstryd gespeel wat hulle terdeë geniet het. Die raad het hulle agterna met heerlike lekkernye bederf en hulle bedank vir hul belangstelling in krieket.

Ons vertrou dat daar eendag ‘n provinsiale speler of selfs ‘n Protea uit die span sal kom!

No comments: