Sunday, November 11, 2007

Baie dankie Prins Albert!

- Diana Koorts -

Hoërskool Zwartberg wil langs hierdie weg net baie dankie sê vir jul getroue en baie goeie onder-steuning – veral met ons Ina Paarman speserye. Dankie vir elkeen wat sy beursie oopgemaak het en daarmee ’n kosbare bydrae gelewer het om ons skool se begroting te laat klop!!!

’n Baie groot dankie – dat jul veral ons kinders se harte verbly het met al die aankope – hulle is so trots om die bestelvorms “ingevul” terug te besorg by die skool.

Ons kinders het wonderlik saamgewerk en ’n kommisie van R3000 vir die skool verdien---baie geluk en baie dankie!!!
Sommiges het egter harder as ander gewerk en die gr.2 – klas het by verre die meeste geld ingesamel. As beloning kon hulle vir ’n hele week met gewone klere skooltoe gaan.

Drie leerders het besonder hard gewerk en die verkope sommer ’n goeie hupstoot gegee. Hulle is:
Shaun van Zyl met ‘n verkope van R418,10
Sophia Morris met ’n verkope van R469,10
Nelius Koorts met ’n verkope van R607,80

‘n Spesiale groot dankie aan Koggel-mander wat die eerste 3 pryse geborg het en bg. leerders lekker bederf het.

Noudat almal se tuine seker in volle blom is na die bolverkope vroeër vanjaar en jul koskasse met goeie speserye gevul is- wil ons as skool net sê: Prins Albert baie dankie – julle is elkeen baie kosbaar vir ons skool!

No comments: