Sunday, November 11, 2007

PA Primêr se netbalspelers seëvier

- Berenice Ewerts -

Vanjaar het ons netbalspanne gewys waartoe hul in staat is. Die verskillende spanne en ouderdomsgroepe het 90% van die spanne waarteen hul gespeel het gewen. Die O/13 dogters het nie een wedstryd vir die jaar verloor nie!! Die O/11 en O/12 spanne het soms gelykop gespeel. Uit hierdie spanne het ons twee SWD spelers gewerf: Semarin Goliath en Robertha Fillies.

Twee van die spelers, Bertha Ewerts en Myrtle Deelman, het selfs SWD behaal in onderskeidelik spiesgooi en hoogspring. Hierdie dogters skrik regtig vir niks nie! Geluk aan julle almal vir jul mooi spel wat julle gelewer het.

No comments: