Thursday, January 31, 2008

Chris Jooste jnr – nog ‘n fietsrykampioen!

- Denise Ohlson -

Chris Jooste jnr het op die ouderdom van vyf jaar begin fietsry. Op sewe jaar het hy vir die eerste keer deelgeneem aan ‘n liga-wedren in die Suid Kaap en daardie selfde jaar word hy die Suid Kaap Kampioen in sy ouderdomsgroep.

In 2007 was hy ook vir die derde keer die Junior Sportman van die Oudtshoorn-klub – ‘n toekenning wat hy gekry het vir sy prestasies op Nasionale vlak, soos die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe en die Interprovinsiale Kampioenskappe.

Tans neem hy deel aan die Pedal Power byeenkomste in die Westelike Provinsie - in die ope afdeling – en hy vaar uitstekend.

Sy fietsryprestasies kom nie vanself nie; hy glo aan die spreukwoord: ”Sonder moeite, geen vreugde.” Hy weet ook: “Hy wat wil blomme plant, moet baie water aandra.”

No comments: