Thursday, January 31, 2008

Munisipaliteit ontwikkel 10 industrieële erwe

- Denise Ohlson -

Volgens die waarnemende munisipale bestuurder Edwin September ontvang die Munisipaliteit van Prince Albert voortdurend klagtes van inwoners wat verontrief en benadeel word deur persone wat industrieële werk doen op residensiële erwe. Daar word met erns druk geplaas op die munisipaliteit om sy bywette toe te pas.

Gevolglik het die Raad besluit om tien ekstra industriële erwe beskikbaar te stel in die dorp se industriële gebied . Die landmeterpenne is in, die pad is gemaak, en die prioriteit is nou die water- en elektrisiteitsvoorsiening. Sodra die infrastruktuur afgehandel is, sal daar ‘n prysbepaling gemaak kan word.

Die erwe wissel in grootte tussen 500 en 1000 m² en die mikpunt is om die erwe so bekostigbaar moontlik te maak.

Die beskikbaarstelling van alternatiewe werkplek vir almal wat tans en in die toekoms industrie in die dorp wil bedryf, sal deur almal verwelkom word. Sodra die pryse en voorwaardes finaal bepaal is, sal die erwe aan die publiek te koop aangebied word.

No comments: