Thursday, January 31, 2008

Oud leerling presteer

- Danie Swanepoel -

By ‘n glansgeleentheid in Pretoria op 23 November 2007 is Helena Swanepoel se harde werk beloon en het sy die graad BVSc Veterinary Science ontvang.

Sy het as Gr.1 (SubA) leerling in 1989 haar skoolopleiding by Hoërskool Zwartberg begin en was gedurende haar skooljare ‘n inwoner van Kroonhof Koshuis. Gedurende haar Gr.12 skooljaar was sy ook hoofleier by die koshuis.

Sy studeer in 2002 by Stellenbosh Universiteit BSc Natuurwetenskappe en word gekeur vir die Veeartseny Kursus by Onderstepoort.

Sy is tans werksaam by ‘n praktyk in Pretoria. Baie geluk, Dr. Helena Swanepoel.

No comments: