Thursday, January 31, 2008

Uitstekende Matriek uitslae

- Chrisna Smit -

Die Matrikulante van Hoërskool Zwartberg het hul skool se naam hoog gehou deur ‘n 100% slaagsyfer te behaal in die November 2007 eksamens. Vier leerders het ’n gemiddelde B-simbool behaal. Verskeie A-simbole in vakke is ook behaal.

Stephan Mulder het ’n uitstaande prestasie behaal met ‘n 97% vir Bedryfsekonomie. Lodé Mooneys het ‘n 81% onderskeidelik in Afrikaans en Engels behaal. Ronelle Badenhorst, 80% vir Rekenaartik; Anneke de Wit, 83% vir Afrikaans; Judy Jones, 85% vir Bedryfsekonomie; William Kock, 82% vir Rekeningkunde; Chantel Marais, 90% vir Rekenaartik; Pedriano Meintjies, 80% vir Bedryfsekonomie; Aldron Richards, 81% vir Rekeningkunde en Shaun Skaarnek, 80% vir Houtwerk.

Sommige van hierdie leerlinge het be-sluit om verder te gaan studeer, onder meer Judy Jones wat by die Nelspruit Technikon Rekeningkunde gaan studeer; William Kock gaan by die Cape Technikon studeer, Anneke de Wit, Aldron Richards en Lodé Mooneys is alreeds besig by die Universiteit van Stellenbosch en Stephan Mulder beplan om Sportbestuur te studeer.

Baie geluk aan al die leerders en baie dankie vir jul harde werk. Ons wens julle alle seën en voorspoed toe vir die toekoms.

No comments: