Thursday, January 31, 2008

Twee Coetzees met een slag!

- Willicia Reed, gr 7 -

2008 is ‘n jaar van goeie ontwikkeling en vordering vir Prince Albert Primêr.

Die skool het twee nuwe leerkragte vir 2008 bygekry. Die een, me E Coetzee, is ‘n graad 1 leerkrag en me D Coetzee is ons nuwe remediërende leerkrag.

Me Elfreda Coetzee is afkomstig van Velddrif in die Weskus. Sy het vier jaar te Wellington by die CPUT Onderwys-universiteit studeer waar sy ‘n B.Ed graad ontvang het. Sy het al voorheen in Prince Albert by vriende kom kuier. Sy het aansoek gedoen vir die pos. Sy moes vir ‘n onderhoud kom en sy vind Prince Albert amper net soos Velddrif. Die mense vind sy baie vriendelik en haar gr 1 klas is beheerbaar; sy is baie lief vir kinders.

Me Dalene Coetzee is afkomstig van Bloemfontein. Sy het ook in Bloemfontein by die onderwyskollege vir vier jaar studeer. Sy het senior primêr en pre-primêr gedoen. Sy het voorheen in Prince Albert by haar ouers wat hier geboer het kom kuier. Haar pos was by die OBOS geadverteer en sy het daarvoor aansoek gedoen. Me Coetzee doen remediërende onderrig by Prince Albert Primêr en by Hoërskool Zwartberg.

Me E Coetzee en me D Coetzee, Prince Albert heet u welkom.

No comments: