Thursday, January 31, 2008

Letters - Briewe

Reaksie op brief in Oktober 2007 se Vriend - Vierwielmotorfietse

Prins Albert is 'n landbou-dorp wat ook toevallig toeriste en stadsmense trek a.g.v. die dorp se skoonheid, veiligheid, ens. Daarom is die jaarlikse Landbouskou 'n baie belangrike gebeurtenis op die dorp se landbou-kalender.

Oor die jare het die skou al hoe minder plaaslike inwoners gelok a.g.v die veranderende inwoners-profiel. Dis 'n jammerte, aangesien die skou een van die dorp se groot gebeurtenisse is.

Die Skou-Kommittee is gedwing om na maniere te kyk om meer mense na die skou te lok, en vir die afgelope twee jaar het die vierwielmotorfiets– ryers grootliks bygedra tot die belangstelling, energie en pret van die skou.

Dit het meegebring dat honderde oornag-besoekers duisende rande in Prins Albert spandeer het, waaruit plaaslike besighede voordeel getrek het.

Die opmerking i.v.m. die wetlike aspekte wat betref vierwielmotorfietse is reg, maar meeste munisipaliteite en verkeerspolisie landswyd laat dit toe mits ryers verantwoordelik optree.

Kom, laat ons plaaslike inwoners liewer almal probeer saamwerk om 'n sukses van die skou te maak, en die landbou-gemeenskap se pogings ondersteun.

Jan-Chris Marais
Voorsitter: Landbou Skou

Aan Kersvader en sy Elfies

Kersdag – oggend 2007 was vol verrasings vir my. Vroeg die oggend hou die Polisie voertuig voor my deur stil. Ek skrik groot, want dit voorspel mos niks goeds nie. Maar tot my verbasing, lewer die geregsdienaar ewe nonchalant ‘n pakkie af en ja, raai wat was in die pakkie..? My eie dierbare wonder mooi babapop, my vreugde ken geen perke nie. Sy is myne na byna 80 jaar se wag. (Sien Prince Albert Vriend, November/Desember 2007 uitgawe.) Hoe sê mens dankie vir soveel liefde en geluk. Sy kan nou wel nie “mamma” sê nie, maar ek is seker sy sal na ‘n jaar wel mamma kan sê. Ek sal haar mooi leer en sy lyk sommer na ‘n baie intelligente baba.

Baie dankie aan Kersvader en al die Elfies wat so mooi saamgewerk het. En ‘n groot dankie aan die geregsdienaar wat haar veilig afgelewer het. Na dese twyfel ek nooit weer aan Kersvader nie. Nou moet al die liewe vriende help soek na ‘n gepaste naam vir hierdie wonderkind. Die naam moet mooi pas by die dierbare ou dingetjie en sag op die tong val.

Liefde Groete
Tannie Daddie

Saved in the nick of time

It was 11.50 on New Year’s Eve; about sixteen of us had decided to go out just beyond Skapieseinde to bring in the New Year. We had set up tables and hurricane lamps and had all brought something to eat and drink.

It was a balmy, relaxing evening with a refreshing breeze. I had brought Clarice, my little Jack Russell with me. As usual, she was begging a bite from all of us, unaware of what was lurking at our feet.

Without warning, I heard a piercing scream from Clarice; I had never before heard a cry of such pain from her. Then somebody yelled, “Scorpion!” I rushed over to Clarice and on impulse lifted her off the ground. With that, she swung around and bit me on the face. I had never seen my friend in such terrible agony and it hurt deeply.

Everyone immediately clambered to help and before you could say ‘Jack Russell’, Brett the Vet’s cell phone number was found. Miraculously he was with friends at the Swartberg Hotel. It must have taken less than ten minutes to reach him from the time the incident happened. Brett was waiting outside the hotel when Romy Mathews and I arrived. After a brief consultation with Dr Reinders, Brett wasted no time in administering the right medication to Clarice.

I would like to thank Romy for standing by me throughout the ordeal and getting bitten a few times, Brett, for being there and knowing what to do and lastly, everyone who was at the party and all who were not there, for caring and calling. Clarice made her mark in the town that night. The scorpion bite left her paralysed for a few days and a lot of anxiety ensued, but she has now fully recovered and I don’t think she can even remember what transpired.

Tim and I would like to take this opportunity to wish the whole town a very happy New Year and to thank you for all being so supportive and welcoming in 2007.

Michael Upton
Prince Albert Garden Guest House

Vuil drinkwater
(Mnr Niehaus se brief is oorspronklik aan die Prince Albert Munisipale Raad gestuur.)

Dit is met groot misnoë dat ek die brief aan julle rig. Ek en my gesin moes al verskeie kere Oudtshoorn toe gaan via die Swartbergpas en nog elke keer wat ek die pas gery het, was daar mense wat gebraai het by Eerstewater. Dit is skokkend om te sien dat die mense geen respek het vir die dorp se drinkwater nie. Die kinders swem, was en urineer in die water terwyl die ouers toekyk. Ek kan nie help om te wonder waar hulle ontlas nie? My kinders is deur die week in die koshuis en moet dus gebruik maak van die vuilwater. Ek is seker dat dit dieselfde water is wat in u huiskraan uitkom en ek sal nie graag die water wil gebruik vir huishoudelike doeleindes nie.

Ek versoek dus die Raad om die saak in 'n ernstige lig te aanskou en so spoedig moontlik stappe sal neem om die probleem op te los. Ek stel voor dat daar kennisgewingsborde opgerig moet word om die publiek te verbied om daar te braai en te baai.

My versoek is dat 'n boete opgelê sal word aan diegene wat hulle skuldig maak en dat in samewerking met die SAPD die gebied gepatroleer MOET word, met die verstandhouding dat die Raad hulle goedkeuring verleen aan SAPD lede om sulke oortreders onmiddelik 'n boete op te lê.

Dit sal interressant wees om te hoor wat die res van Prince Albert se inwoners hier oor te sê het.

HW Niehaus
Spreeufontein

No comments: