Saturday, February 28, 2009

Helané en Kobus Meintjes – Onvergeetlik

-Jeanette de Lange-

G’n tradisionele prosedure nie. Hierdie twee jongmense het besluit - ons gaan ons huweliksdag geniet - en hulle het woord gehou.

Van die oomblik dat ds Ben Marais begin praat het, … ‘n boodskap spesiaal gekies vir dié paartjie …. die seёn – waar Helané en Kobus omring was met familie – tot die sagte kitaarnote van Koos du Plessis se “Aandgebed” – ‘n seremonie wat ons lank sal bybly.

Die onthaal, op Abrahamskraal, was anders, glasklokkies as plekaanwysers, draadharte as versierings, en ‘n stylvolle ”high tea” saam met die troukoek bedien, het die gaste verwelkom by die vrolike onthaal.

Die paartjie was stralend gelukkig, vandat Helané Kobus glimlaggend tegemoet gestap het totdat hulle die laaste gaste onder die sekelmaan op Abrahamskraal afgesien het.

Kobus en Helané, júlle dag was sielsmooi!

No comments: