Saturday, February 28, 2009

P A Primêr se Atletiek Span Presteer in Oudtshoorn

- M Rockman -

Op Woensdag namiddag, 11 Februarie, het Prince Albert Primêr aan die Sone 1 Atletiekbyeenkoms te Oudtshoorn deelgeneem. Die ander skole wat deelgeneem het was was Dirk Boshoff, Haarlem, P J Badenhorst, Uniondale, Merweville, Hoërskool Zwartberg, St Konrad en De Rust.

Die kompetisie was van hoë gehalte en die atlete moes hul bes lewer om ‘n plek in die Oudtshoorn Skole span te kan haal. Die volgende leerders het uitgeblink en die Skole span wat in die Oudtshoorn-kampioenskappe Byeenkoms op 21 Februarie plaasgevind het deelgeneem:
C Loots (100m, ver- en hoogspring),
A Cupido (Verspring),
W Paulse (150m en hoogspring),
L Bostander (Verspring en 1200m),
I v d Ross (Massabal),
P Tala (Massabal),
B Magiel (100m, 200m, Ver- en hoogspring),
M Vries (100m, 200m en massabal),
K Koorts (Hoogspring),
J Minnies (Hoogspring),
J van Rooyen (Hoogspring),
C Pieterse (100m en 80m),
M Coetzee (60m en 80m),
A Claassen (80m en 100m),
K Deelman (Hoogspring),
B Wildskut (80m en hoogspring),
N Voetpad (60m en 80m),
T Koot (80m, 100m en hoogspring),
F Claassen (Hoogspring),
C Jansen (Hoogspring),
E v d Horst (Werpskyf),
C Jonkers (1200m),
B Jonas (1200m)
M Jaftha (80m).
C Paulse (80m, 150m, Ver- en hoogspring)

No comments: