Saturday, February 28, 2009

Zwartberg se kleuresport skitter weer

- Anneke van Eck -

Dit was - soos altyd – weer ‘n titaniese stryd tussen Rooi en Goud!

Op 29 en 30 Januarie het Hoërskool Zwartberg hul jaarlikse kleuresport aangebied. Al die ywerige atlete het hul energie aangewend om aan die toeskouers ‘n kleurryke en aanskoulike twee dae van pragtige atletiek te bied.

Die atlete wie uitsonderlik presteer het, is met bekers beloon. Michy Mullins het die Junior Victrix Ludorum verwerf, Oscar Maeyer die Junior Victor Ludorum, Leoni Lodewyk die Senior Victrix Ludorum en Waldon Ewerts die Senior Victor Ludorum. Verder het Rochelle Adolf die beker ontvang vir die Junior Dogter met die beste enkel-prestasie (80 m wedloop) van die dag en Leoni Lodewyk die beker vir die Senior Dogter met die beste enkelprestasie van die dag (verspring). Oscar Maeyer ontvang die beker vir die Junior Seun met die beste enkelprestasie (spiesgooi) van die dag en Jervanne Makampies die beker vir die Senior Seun met die beste enkelprestasie van die dag (verspring).

Aan die einde van die dag het die Gouespan weggeloop met die beker en hulle het die Rooispan met net 680 punte teenoor 664 punte gewen. Voorwaar ‘n naelbyt-stryd!

Ons wil elke ouer en belangstellende hartlik bedank vir hul insette en hulp om van die twee dae so ‘n groot sukses te maak. Sterkte aan al ons atlete vir die res van die atletiek-seisoen!

No comments: