Saturday, February 28, 2009

Nuwe Bestuur vir GPF Verkies

- Linda Jaquet -

Tydens die algemene jaarvergadering van die Gemeenskaps-polisieringsforum op 17 Februarie, is ‘n nuwe uitvoerende komitee deur die forum se lede verkies. Die vergadering moes verlede November plaasgevind het maar is vier keer uitgestel omdat ‘n quorum nooit byeengeroep kon word nie.

Dave Rennie is die GPF se nuwe Voorsitter, met Rachel Roberts as Onder-Voorsitter. Eddie Hattingh gaan as Sekretaris aanbly, Suzaan Neewat gaan die pos van Tesourier vul, Ilze Koorts is die nuwe Program Koordineerder en Richard McKnight sal in beheer van Openbare Betrekkinge wees. Die uitvoerende komitee se addisionele lede is Piet Uys, Ben Goliath, Pastoor Brits en J. van Rooyen.

Rennie het onderneem dat onder sy leierskap die GPF meer inklusief sal wees, dat kommunikasie tussen lede van die bestuur, tussen die bestuur en die gemeenskap en tussen die GPF en die SAPS se stasiebevelvoerder sal verbeter. Rennie het ook belowe dat die forum baie meer effektief sal wees.

No comments: