Saturday, February 27, 2010

Hoërskool Zwartberg Atletiek

Dogters onder nege spook sake behoorlik uit op Hoёrskool Zwartberg se atletiekbaan - snikwarm 22 Januarie ten spyt. Die dag het begin met die aankoms van die skool se Rooi Span en Goud Span onder groot gedruis en “fanfare” om saam met die spanne van Merweville, Prince Albert Primêr en Albert College voor die pawiljoen mee te ding om die spangees “trofee” – waarmee die Rooi Span net-net weggestap het, want die atlete van Merweville wat op maat van “Kaptein span die seile” hul ding gedoen het, het groot applous ontlok.

Op die baan het almal (atlete én onderwysers) hul bes gedoen en goeie resultate is behaal. Agter die skerms het ouers net so hard gewerk om hambur-gers en worsrolle en koeldrank te smous ter stywing van die skoolfondse.

No comments: