Saturday, February 27, 2010

Prince Albert Openbare Biblioteek

Die een boek wat ek uit die biblioteek sal steel!
(As my gewete my sou toelaat)

Na agt jaar as bibliotekaresse het ek altyd gesê: as daar een boek is wat ek uit die biblioteek sal steel, dan is dit Die Gesindheid van ‘n Wenner deur John C Maxwell.

Eintlik is dit ‘n boek wat permanent op jou bedkassie voor jou bed moet lê. Maar helaas is hy nêrens te koop nie!

Maxwell het die gawe om deur sy Christelike oortuigings sowel as inspi-rerende verhale, ‘n mens met ander oë na jouself en ander mense te laat kyk.

Sy boeke handel hoofsaaklik oor leierskap en verhoudinge. Wen met Mense is veral ‘n moet as jy ‘n leiers-posisie beklee.

Maxwell se boeke word oorspronklik in Engels geskryf en in Afrikaans vertaal.

Onontbeerlike leesstof vir selfontwikkeling!

Ronél McKnight

No comments: