Saturday, February 27, 2010

VLV leer meer oor heelbreinontwikkeling

Me Marianne Vorster, Neethling brain instrument (NBI) praktisyn van Beaufort-Wes, het Woensdag, 27 Januarie, ‘n baie interessante praatjie kom lewer oor heelbreinontwikkeling. Sy het dit gedoen aan die hand van die NBI van die kreatiwiteitskenner, Kobus Neethling, en ‘n navorser oor die werking van die brein.

Hierdie instrument bepaal elke mens se denkvoorkeure wat baie belangrik is vir die benadering van jou kind en die oordra van kennis. Kinders met verskillende denkvoorkeure studeer op verskillende maniere. Dit kan leerlinge ook help om die regte beroep te kies en om menslike verhoudinge te verbeter. ‘n Persoon het die geleentheid om haar-/homself beter te verstaan en te aanvaar.

Wat baie belangrik is, is dat daar nie ‘n “regte” of “verkeerde” breinprofiel bestaan nie. Mense leer ook mekaar se andersheid aanvaar.

Hierdie toetse wat Marianne doen, duur ongeveer ‘n halfuur waarna ‘n volledige verslag aan die persoon oorhandig word. Sy gaan Prince Albert op 23 Maart weer besoek.

Enige navrae kan gerig word aan Dalene Coetzee. Tel 023 541 1130 of 082 500 2252.

No comments: