Saturday, February 27, 2010

Prince Albert Primêr neem deel aan Interskole Atletiek

Mark Rockman -

Op 12 Februarie het die Interskole Laerskole Atletiek in Oudtshoorn plaasgevind. Om 11h00 Vrydag oggend het 76 atlete met groot opgewondenheid vanaf Prince Albert Primêr vertrek. Verskeie skole o.a. Bergsig, Colridge, St Conrad, De Rust, Protea, Van Rheede, Zwartberg en Bongolethu het ook deelgeneem.

Ouers, leerders en onderwysers was baie ontsteld om te verneem dat die atletiek eers om 15h00 sou plaasvind. Reëlings is laasjaar al getref om vroeg in die oggend te begin en die reëlings is vroeer vanjaar weer bevestig. Op die laaste nippertjie is daar deur ‘n paar skole besluit dat die atletiek in die middag moes begin. Dit blyk dat hierdie selfsugtige besluit die gevolg was van swak beplanning.

Hoewel ons die dag geniet het was daar heelwat logistieke probleme. Ons het eers na 22h00 die aand in Prince Albert aangekom. Daar moes toegesien word dat al die leerders veilig by die huis aankom. As gevolg van die besluit moes Dysselsdorp onttrek omdat baie van hulle leerders op verafgeleë plase woon.

Op 20 Februarie, word die Interskole Atletiek weer in Oudtshoorn gehou en ons span bestaan uit al 23 wenners van 12 Februarie:

Hillary Hendricks : 1200m
Lettitia van Rooi: 800m en 1500m
Booi Jonas: 800m en 1500m
Due-Maine Clarke: Hoogspring
Gaylon Olifant: Hoogspring &1200m
Zandria Koot: Hoogspring
Ardinand Claassen: 100m en 80m
Ruwalton Berdien: 1500m
Monica Claassen: 1200m
Vizel Boksman: 1200m
Michael Jacobs: 1200m
Adrehana Olivier: 1200m
Rejean Malan: 100m & Gewigstoot
Mcarthur Coetzee : 100m & Verspring
Gervano Olifant: Hoogspring
Wilfred Paulse: Hoogspring
Elton Fredericks: Verspring
Arantes Lottering : Diskus
Zealon Wanie: Spiesgooi
Michaela Jacobs: Gewigstoot
Danville Prins: Gewigstoot
Nicola April: 1200m
Elrico Marthinus: Hoogspring

Ons sien uit daarna om in die volgende uitgawe vir ons lesers te vertel van die byeenkoms.

No comments: