Saturday, February 27, 2010

VLV Prince Albert sien uit na ‘n leersame en interessante jaar

Die nuwe bestuur van die VLV het koppe bymekaargesit om hierdie jaar ‘n leersame en interessante een te maak. Daar gaan probeer word om vergaderings elke keer op ‘n ander interessante plek te hou.

Lekker dinge wat die jaar nog voorlê, is ‘n kookdemonstrasie by African Re-lish; ‘n praatjie oor sypaadjietuine; ‘n demonstrasie en verduideliking oor die konsep van Pilates; ‘n praatjie oor kreatiwiteit in die alledaagse lewe en inligting oor die hantering van e-pos, Facebook en ander webwerwe.

Ons sien ook baie uit na besoeke deur die skrywer Riana Scheepers en kuns-tenaar Maria Oosthuizen later vanjaar.

Die datum, plek en tyd van elke vergadering sal in die Prince Albert Vriend aangekondig word.

Enigeen wat belangstel om by die VLV aan te sluit kan Dalene Coetzee kontak by 023 541 1130 of 082 500 2252.

No comments: