Sunday, August 31, 2008

Mnr en Mej Zwartbergie 2008

- Nina Vermeulen -

Woensdag 6 Augustus, was ‘n groot aand vir leerders van Hoërskool Zwartberg – die aand van die kroning van Mnr en Mej Zwartbergie vir Graad 2 – 7. Die geleentheid was ’n fondsinsamelingprojek vir die Graad 11 klas vir hulle matriekafskeid.

Daar was 31 deelnemers wat volgens graad en geslag in kategorieë ingedeel is. Die aand het bestaan uit drie afdelings: somersdrag, wintersdrag en formele drag of ”fancy dress.”

Daar was ’n verskeidenheid karakters op die loopplank te siene. Shaun het almal beïndruk met sy bykomstighede van ’n teddie en kombers by sy slaapklere en niemand kan Reuben se maagspiere vergeet wat hy vir somersdrag vertoon het nie! Die spanning agter die gordyne het skoon verdwyn op die loopplank.

Ons beoordelaars, Reinie Smit, Yvette Breedt en Ronel Fourie het ’n moeilike taak gehad, maar hulle het die volgende wenners aangewys:

Graad 2 - 4 meisies
Mej Zwartbergie: Nicole Frieslaar
1ste Prinses: Drieske Marais
2de Prinses: Beualah Berdien

Graad 2 – 4 seuns
Mnr Zwartbergie: Shaun van Zyl
1st Prins: Hegan Pipes

Graad 6 - 7 meisies
Mej Zwartbergie: Ismari le Grange
1st Prinses: Petra April
2de Prinses: Lauren Maritz

Graad 6 - 7 seuns
Mnr Zwartbergie: Reuben Esterhuizen
1st Prins: Nelius Koorts
2de Prins: Theo Kleinhans

Baie dankie aan elkeen wat die moed gehad het om deel te neem. Julle het pragtig gelyk.

’n Spesiale dank aan ons beoordelaars en die borge van die pryse:

  • Café Albert
  • Lazy Lizard
  • SPAR
  • Ansie Vermeulen
  • Ronel Fourie.

Sonder julle sou daar nie ’n Mnr and Mej Zwartbergie kon wees nie.

No comments: